Hoërskool Ben Vorster redenaars presteer aan die Kansvatters kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ben Vorster redenaars Maya Vosloo, graad 8, en Sumari Vorster, graad 12, het deurgedring na die nasionale finale rondte van die platform in die onvoorbereide afdeling. Dit vind die naweek van 3 – 5 Oktober in Gauteng plaas. Baie geluk, Vossies! Dit is slegs ‘n baie spesifieke spreker wat aan hierdie afdeling kan deelneem, want dit verg baie waagmoed om binne ‘n uur jou eie toespraak te skryf en te lewer. Baie sterkte!










