Laerskool Eikestad Wildeklawer Rugby en Netbal
ADVERTISEMENT
Laerskool Eikestad Wildeklawer Rugby en Netbal. Eikestad se o.13A-rugby- en netbalspanne het weer die voorreg gehad om uitgenooi te word vir die bekende Wildeklawer Sporttoernooi 2022. Dit was ongelooflike geleentheid vir ons spelers gewees en almal het dit baie geniet.
Eikestad se o.13A-rugbyspan het uitstekende rugby gespeel en al 3 hulle wedstryde oortuigend gewen. Eikestad was een van die 2 onoorwonne rugbyspanne by die toernooi. Die o.13A netbalspan begin toernooi teen ‘n sterk Bastion wat as algehele wenners van Wildeklawer gekroon is in ‘n baie harde wedstryd. Hulle het op dag 2 goeie netbal gespeel en al drie hulle wedstryde gewen.










