Laerskool Worcester-Oos karateka verwerf haar Boland kleure
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos leerder Mila Louwrens (gr 7) het op Saterdag, 18 Mei, aan die Goju Kai Karate Boland Kampioenskap, onder leiding van Shihan Johnny Cardosa, deelgeneem. Sy behaal ‘n eerste plek in haar Kata vir dogters o.13 met 27.9 punte uit 30. Vir die veg behaal sy ‘n 4de plek. Sy verwerf haar Boland kleure vir die Kata.










