LS Goedehoop Netbal Wildeklawer uitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Goedehoop is baie trots op die o.13A-netbalspan wat 9de uit 16 skole gekom het by die ABSA Wildeklawer Laerskole Toernooi. Die poel het bestaan uit:
- Laerskool Menlopark (Gauteng)
- Laerskool Constantiapark (Gauteng)
- Laerskool Fairland (Gauteng)
- Laerskool Oranje Noord (NoordKaap)
- Laerskool Gene Louw (Kaap)
- Laerskool Durbanville (Kaap)
- Laerskool Vastrap (NoordWes)
Dit was baie harde wedstryde gewees wat die meisies se uithouvermoë en stamina behoorlik getoets het. In hul wedstryd teen LS Durbanville was hulle 5 – 9 agter. Met 3 minute en 20 sekondes oor kon hulle dit regkry om die telbord in hul guns te swaai met ‘n wen van 11 – 10. Die ABSA Wildeklawer Laerskole Toernooi het vanaf 23 tot 26 April 2025 te Kimberley in die Noord Kaap plaasgevind.
![]()










