Paul Roos Gimnasium kraai koning by Hibbert-toernooie
ADVERTISEMENT
Die Paul Roos Gimnasium-spanne het hierdie jaar weer daarin geslaag om drie medaljes by die gesogte Hibbert toernooie in Gqeberha te wen. Die o.14- en o.16 toernooie word in samewerking met Grey High School deur Pearson High School aangebied terwyl die Grey die gashere vir die o.19-toernooi is. Hierdie toernooi word tans beskou as een van die top seunshokkietoernooie in die land. Die o.14-span, wat tot op hede onoorwonne is, het in die opbou tot die finaal al hul opposisie oortuigend geklop.
- Selborne wen 3-0
- St Albans wen 7-0
- Grey High wen 5-0
- Maritzburg College wen 8-2
- Paarl Gim wen 7-0 (semi-finaal)
Hulle word vir die eerste keer in die finaal getoets teen PRG se grootste kompetisie in die Wes-Kaap – SACS. In ’n naelbytfinaal wat op 1-1 in gewone speeltyd eindig, forseer die Paul Roosers die wedstryd in ekstra-tyd “showdowns” wat hulle uiteindelik 5-4 wen. Die o.16A-span is volgende aan die beurt. Na oortuigende oorwinnings in die opbou na die finaal kom hulle uiteindelik teen Grey High te staan.
- Garsfontein wen 6-0
- St Stithians wen 3-1
- Paarl Gim wen 3-1
- Westville wen 3-0
- DHS wen 1-0 (semi-finaal)
In ’n herhaling van die 2024-finaal, verseker Paul Roos dat hulle die opperhand neem en stap met ’n gemaklike 4-0 oorwinning weg. Die o.19A-span kom in die semi-finaal teen SACS te staan wat hulle verlede jaar in die stof laat byt het in ekstra tyd. Na ’n naelbyt semi-finaal wat Paul Roos in die doodsnikke na ekstra tyd “showdowns” forseer het, moet Paul Roos die knie buig en tevrede wees met ’n derde-plek wedstryd teen Garsfontein wat hulle 2-1 wen om met brons huis toe te kom. PRG-hokkie getuig tans van ongelooflike diepte. Terwyl die A-spanne in Gqeberha deelneem, neem die 19B-, 16B en 14B-spanne aan die Winelands Cup in Stellenbosch deel teen meestal A-spanne. Aan die einde van die week stap Paul Roos ook hier weg met ’n bronsmedalje op o.19-vlak en 2 goue medaljes vir die o.16 en o.14 spanne.
![]()










