LS Aliwal-Noord speel hul harte uit by St Michael’s hokkie toernooi
ADVERTISEMENT
ST MICHAEL’S HOKKIE TOERNOOI
Op Saterdag, 20 Augustus 2022 het daar ongeveer 135 hokkiespelers van Laerskool Aliwal-Noord aan die jaarlikse St Michael’s hokkie toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Net 6-aan-‘n-kant wedstryde is gespeel op die dag. Elke span het ten minste 4 wedstryde gehad vir die dag. Ten spyte van die koue weer, het almal se harte warm geklop vir hokkie. Die spelers het dit baie geniet, mooi hokkie gespeel en ook nuwe vriendskapsbande gesmee.
![]()
‘n Hartlike dank aan al die afrigters en skeidsregters wat die geleentheid moontlik gemaak het vir die hokkiespelers. Dit was ‘n dag vol pret en plesier en baie hokkie.












