Primêre Meisieskool Oranje Itec Pietie Coetzee Hokkietoernooi 2022 uitslae
ADVERTISEMENT
Primêre Meisieskool Oranje Itec Pietie Coetzee Hokkietoernooi 2022. Op 12 en 13 Augustus, het Oranje die 17de Itec Pietie Coetzee Hokkietoernooi aangebied. Hierdié toernooi was trots geborg deur Itec. Dié toernooi het afgeskop met voorwedstryde waar die o.7’s deelgeneem het. Oranje se o. 7A- en o. 7B-spanne het beide hul wedstryd gewen. Daar het sewe spanne aan die toernooi deelgeneem, wat op ‘n rondomtalie basis plaasgevind het.
Die OMS o. 12A-span eindig sewende. Hulle het baie komplimente van die ander spanne gekry oor die kwaliteit en struktuur van hulle spel. Hulle word ook aangewys as die span met die meeste sportmangees a.g.v. hulle goeie spel, harde werk en deursettingsvermoë tydens die toernooi. In die semi-finaal wen OMS o. 13A vir Vaalpark 4-0 en kwalifiseer vir die finaal. In die finaal verloor OMS o. 13A teen Eunice 1-0. OMS o.13A-span eindig tweede in die toernooi. Marichelle Crous word aangewys as die speler van die toernooi en Alexa Olivier wen die toekenning vir die meeste doele in die toernooi aangeteken.

o.13A

o.12A









