Paul Roos Gimnasium vs Paarl Gim 19A-hokkie
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium vs Paarl Gim 19A-hokkie:Die maroen masjien se eerste hokkiespan het Vrydagaand daarin geslaag om die Paarliete 6-2 op die Maties-astro te verslaan. Paarl Gimnasium het ʼn uitstekende seisoen tot dusver en hul was beslis die gunstelinge op die aand. PRG het goed begin deur vinnige doele vanaf Ruan Strauss. In die laaste kwart het PRG behoorlik die krane oopgedraai en finale spyker in Paarl Gim se doodskis geslaan. Dit was ook ʼn spesiale aand vir die kaptein Christo Swanepoel wat sy 100ste wedstryd vir die eerste span gespeel het. Hy het in 2022 (gr. 9) reeds sy buiging gemaak en is ʼn noodsaaklike deel van die span se DNA. Swanepoel raak slegs die tweede Paul Rooser ooit om hierdie spesiale mylpaal te behaal.

Hokkie teen Gim

(aksiefoto krediet – Janco Saunders)









