Hoërskool Ermelo seunshokkie seëvier oor Curro Secunda
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 19 April het die Hoërskool Ermelo TWK Eerstespan seunshokkie, asook die o.16-span teen Curro Secunda te staan gekom. Die o.16-span se afronding tydens die vakansietoer was in hierdie wedstryd duidelik sigbaar. Die span het die wedstryd oortuigend met 9 – 1 gewen. EHS se doelskieters is: Paul Snyman, Victor Burgers, Armand Coetzer, Dian van Aarde (3) en Tristen Schönfeldt (3).
Die Hoërskool Ermelo TWK Eerstespan seunshokkie eerstespan se wedstryd was meer uitdagend en ’n gelyke stryd. EHS wen die wedstryd 4 – 2. Die doelskieters was Adam Barnard, Thobani Zwane en Carel Jacobsz (2). Baie geluk met die oorwinnings. EHS is met reg trots op die prestasie!

Adam Barnard

JF Möller

Carel Jacobsz









