Hoërskool Ermelo se Seunshokkie sluit liga af
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 15 Mei, het EHS se seunshokkie teen Hoërskool Secunda te staan gekom. Albei spanne het die stryd teen Secunda verloor met onderskeidelik 0-4 vir die o.16-span en 0-1 vir die Hoërskool Ermelo Zuidvaal Eerste span. Op Woensdag, 22 Mei, het hulle hul laaste ligawedstryde vir die jaar teen Highveld Park gespeel. Die o.16-span se wedstryd het drie elk geëindig. Die doelskieters was Dian van Aarde (1) en Nathan Herbst (2). Die Hoërskool Ermelo Zuidvaal Eerste span se stryd eindig met 5-1 in EHS se guns! Die Erries se doelskieters was Stiaan van den Heever (2), Hancke van Heerden (1), SS Cilliers (1) en JF Möller (1). Baie geluk aan die seuns met ’n pragtige hokkieseisoen! Dankie aan die afrigters en ouers vir hulle ondersteuning en motivering en ook aan elkeen wat hard gewerk het deur die seisoen.
Die o.16-seunshokkie span
Die Hoërskool Ermelo Zuidvaal Eerste span seunshokkie










