Hoërskool Ermelo-Seunshokkie behaal gemengde welslae teen Oosterland
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-Seunshokkie behaal gemengde welslae teen Oosterland. Op 3 Mei het Hoërskool Ermelo te staan gekom teen Hoërskool Oosterland. Oosterland se eerstespan het EHS 8 – 0 gewen en EHS se o.16-span het 11 – 0 verloor. Alhoewel EHS se doelwagters baie goed gekeer het, kon hul net nie genoeg weerstand bied nie. Hoërskool Ermelo se o.14-span het egter ’n uitstekende spanpoging geloods en het Oosterland met 4 – 0 verslaan. EHS se doelskieters is Nathan Herbst (2) en Nuraz Tikly (2). Baie geluk aan hierdie seuns!
JF Möller
Raees Tikly
Duan Hugo
Carel Jacobsz










