Hoërskool Ben Vorster hokkiespelers speel 50ste wedstryd
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Dreyer van Heerden, Sagwati Jongweni en Glen Thibela van Hoërskool Ben Vorster met die besondere mylpaal van 50 hokkiewedstryde! Julle toewyding, harde werk en passie vir die spel is ‘n bewys van deursettingsvermoë en spantrots. Dankie vir julle waardevolle bydrae op en langs die veld – mag daar nog baie suksesvolle wedstryde voorlê!















