Hoërskool Langenhoven redenaars presteer aan die Radikale Redenaars
ADVERTISEMENT
Vier leerders van Hoërskool Langenhoven het op 15 April aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem in die Afrikaanse spanredenaars-afdeling. Die span het uitstekend gevaar en is met ’n A-simbool vir hul deelname bekroon. Die finale uitslae van die kompetisie word op 24 Mei bekend gemaak.
Baie geluk aan Liandri Lotter, Anna Janse van Rensburg, Izel Delport en Zoey Michaels met hierdie prestasie. Hul voorbereiding, selfvertroue en redenaarsvernuf getuig van toewyding en harde werk.

Van links na regs: Liandri Lotter, Anna Janse van Rensburg, Izel Delport en Zoey Michaels









