AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Hoërskool Montana redenaars presteer tydens die Podiumpret se eerste rondte

  • Eden Hockey Honours for Curro Mossel Bay learners

  • Pietermaritzburg Girls’ High School athletes shine across multiple sporting codes

  • Curro Mossel Bay choir member embarks on an incredible European tour

  • Worcester-Noord Primêre Skool rugbyspelers gekies vir die Sone Rugbyspan


Curro DurbanvilleHoërskool DurbanvilleHoërskool OverbergHoërskool Stellenbosch
Home›Regional News›Western Cape›Northern Suburbs›Curro Durbanville›Lig jou kop: Nou praat jy! Mik weer vir die top

Lig jou kop: Nou praat jy! Mik weer vir die top

By Andreneza Damonse
21st April 2026
8
0

ADVERTISEMENT


Share:

Suid-Afrika se speelse, redenaarskompetisie is terug en mik hoër. Verlede jaar het Nou praat jy! op die toneel verskyn en hoërskoolleerders reg oor die land uitgedaag om hul monde met mening oop te maak. Én hulle het. Hardop. Pragtig. En in Afrikaans.

ʼn Totaal van 22 spanne het aan die eerste aanbieding van die kompetisie deelgeneem, met skole wat al die pad van Graaff-Reinet en Lutzville gereis het om deel te neem ʼn duidelike teken dat dit meer as net nog ʼn skoolgeleentheid is.

Nou is Hoërskool Curro Durbanville terug vir rondte twee  en vanjaar is die tema Kyk Noord! Want, soos enige sal getuig, is noord altyd bo. En dis presies waar die organiseerders die deelnemers se koppe wil hê: op, oë vorentoe, stemme wat dra. Lig kom van bo. Of so sê hulle.

Wat is Nou praat jy!, presies?

Bly jy het gevra. Dis Suid-Afrika se vooraanstaande, Afrikaanse redenaarskompetisie, met ʼn verrassende invalshoek. Twee sprekers. Een toespraak. In harmonie aangebied. Vyf tot sewe minute om die beoordelaars te laat vergeet om asem te haal.

Verlede jaar se tema het 100 jaar van Afrikaans gevier. Vanjaar? Ons kyk nie terug nie. Ons kyk noord. Die kompetisie is vir Afrikaans Huis- en Eerste Addisionele Taalsprekers in twee kategorieë oop – Juniors (graad 8 en 9) en Seniors (graad 10 tot 12).

Hoërskool Durbanville

Die toesprake mag oortuigend, vermaaklik of motiverend van aard wees, máár wat hierdie kompetisie werklik onderskei, is die formaat: Twee sprekers wat een vloeiende toespraak lewer, so natuurlik en spontaan asof dit uit een mond kom. ʼn Wentoespraak kombineer sterk inhoud, kreatiewe taalgebruik en ʼn outentieke spandinamika om ʼn boodskap, wat vars en betekenisvol is, oor te dra.

Óf, soos een onvergeetlike toespraak van 2025 dit gestel het: “Afrikaans is nie net ʼn taal van kleure en klanke nie – dis ʼn taal met ʼn stem wat dink, ʼn hart wat droom en voete wat spore trap.”

Hoekom dit nou saakmaak

In ʼn wêreld waar geraas en menings ʼn mens oorweldig, is die vermoë om krities te dink, jou eie standpunt te vorm en dit duidelik uit te druk belangriker as ooit tevore. Kompetisies soos Nou praat jy! skep ʼn ruimte vir leerders om presies dit te doen  in ʼn taal wat ryk, divers en diep in die Suid-Afrikaanse identiteit gewortel is.

“Wat hierdie kompetisie onderskei, is dat deelnemers aangemoedig word om hulself in die Afrikaans waarin hulle die gemaklikste voel, uit te druk. Ons wil die taal in al sy vorme hoor – dit erken, vier en die ruimte gee wat dit verdien. Platforms soos dié gaan oor meer as net optredes; dit speel ʼn betekenisvolle rol in die bewaring en groei van Afrikaans,” sê organiseerders Joline de Klerk en Maritsa Smit, Afrikaansonderwysers by Curro Durbanville.

Hoërskool Curro Durbanville

“Ons leef in ʼn tyd waar jongmense voortdurend hul pad deur ʼn vloed van inligting, menings en stemme aanlyn moet vind. Die vermoë om krities te dink, onafhanklike perspektiewe te vorm en dit met selfvertroue en duidelikheid te artikuleer, was dus nog nooit so belangrik nie. Hierdie kompetisie skep ʼn ruimte waar dié vaardighede ontwikkel en uitgedruk kan word.”

ʼn Kompetisie met hart (en besondere talent)

Dit is duidelik uit verlede jaar se kompetisie dat Afrikaans ʼn lewendige taal is – vol humor, kreatiwiteit en konneksie. Elke span het die tema Afrikaans, ʼn taal van kleure en klank op sy eie manier vertolk, wat nie net unieke perspektiewe gelewer het nie, maar ook persoonlike identiteit en breër kulturele relevansie weerspieël het.

Die ervaring het ʼn blywende indruk op deelnemers én onderwysers gelaat:

“Baie dankie vir ’n ongelooflike ervaring. Ons is veilig terug en baie opgewonde vir volgende jaar – ons is beslis weer daar met nog meer spanne. Die gehalte van jul kompetisie, die seepglad reëlings en verloop, maak dit die moeite (en km’s!) werd.” – Pieter Pienaar, Hoër Volkskool Graaff-Reinet

Hoërskool Overberg

“Baie dankie vir ’n heerlike kompetisie, ek het dit baie geniet en dit regtig vermaaklik gevind. Ons kom definitief volgende jaar weer met ’n klomp spanne.” – Emrie Stofberg, Hoërskool Stellenbosch

Hoërskool Stellenbosch

Nou praat jy! 2026 – is jy gereed?

, dis nou julle oomblik. Juniors, seniors, huistaal, addisionele taal – tree vorentoe en wys ons wat julle het.

Drie maniere om uit te blink:

  • Vermaak – vertel ʼn storie in jou eie dialek.
  • Inspireer – ontroer die gehoor met die Afrikaans waarvoor jy lief is.
  • Redeneer – staan op en praat oor iets waaroor jy omgee.

Onthou die tema: Kyk Noord!

En die pryse?

Die eerste plekke in elke kategorie ontvang R10 000, tweede plek R6 000 en derde plek R4 000. Die wenskool in elke kategorie stap ook weg met R10 000!. Ja, regtig. Dis tyd om te begin oefen! Inskrywings sluit 8 Mei 2026. Kry jou vorm op Hoërskool Curro Durbanville se webwerf of van joline.d@curro.co.za.

Kyk noord. Hou jou kop omhoog. Sê jou sê.

TagsRedenaars
Previous Article

Science Fair Celebration at Newton Primary

Next Article

Hoërskool Langenhoven redenaars presteer aan die Radikale ...

Share:

Related articles More from author

  • Gauteng JohannesburgJHB SouthLaerskool OrionRegional News

    Laerskool Orion se babbelbekkies het puik presteer by die Super 12

    10th May 2024
    By Andreneza Damonse
  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    Hoërskool Ermelo redenaar eindig nasionaal tweede

    29th October 2022
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StatePrimêre Skool JordaniaRegional News

    Primêre Skool Jordania redenaars haal Radikaal streeksfinaal

    16th May 2022
    By Karien Frans
  • Eastern CapeLaerskool StultingPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    Laerskool Stulting paricipated in the Interclass Public Speaking finals

    20th August 2024
    By Andreneza Damonse
  • Laerskool DurbanvilleNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Durbanville se sprekers dring deur na die ATKV-redenaars semi-finaal

    7th May 2024
    By Karien Frans
  • Free StateLaerskool Truida KestellNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Baie geluk aan Truida Kestell Streeksfinaliste

    20th April 2026
    By Andreneza Damonse

  • HighveldHoërskool VolksrustMpumalangaRegional News

    Hoërskool Volksrust se spanne en afrigters gereed vir die Wintersport seisoen

  • Kwazulu-NatalMonument Primary School KZNNorthern NatalRegional News

    Monument Primary School Swimming Interhouse Gala

  • Laerskool NelspruitLowveldMpumalangaRegional News

    Laerskool Nelspruit Swemspan Mpumalang Topskole Wenners 2023

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us