Hoërskool Framesby redenaars en debat nuus
ADVERTISEMENT
ATKV-Redenaars: Hoërskool Framesby het op Saterdag 15 April die ATKV-redenaarskompetisie se Oos-Kaapse rondte aangebied. Meer as 350 sprekers van Graad 1 tot 12 het aan die kompetisie deelgeneem. Hoërskool Framesby het ook 11 sprekers in die onderskeie afdelings ingeskryf wat hulself almal goed van hul taak gekwyt het. Meer inligting oor watter leerders deurdring sal eersdaags bekend gemaak word.
Leerderhulpe tydens ATKV-Redenaars-uitdunrondte 15 leerders van Hoërskool Framesby het tydens ATKV-Redenaars as voorsitters en tydhouers in die onderskeie lokale opgetree. Ons is baie trots op hierdie leerders wat hierdie taak met ywer verrig het!

(Redenaars) Eerste ry van links: Mé-Jean du Preez, Taleah van Deventer, Anri de Beer, Elné Burger, Karla Myburgh. Tweede ry van links: Jané Steyn, Milla van der Merwe, Therese Otto, Lyndene Young, Leané Myburgh. Derde ry: Udo Ferreira

(Voorsitters en tydhouers by ATKV-Redenaars) Eerste ry van links: Danel van der Nest, Antonecia Louw, Kelly Davids. Tweede ry van links: AJ Terblanche, Livyé Coetzer, Mieke Dolphin, Reghardt Kemp Derde van links: Zandré Schnetler, Anri Botha, Francois Smit, Karlé du Preez, Jodine Adams. Afwesig: Leané du Preez, Hannelie Labuschagne en Simoné Jacobs.
ATKV-Debat 6 spanne van Hoërskool Framesby het op 13 en 14 April by Muir College aan die eerste uitdronde van ATKV-Debat deelgeneem. Ons is besonders trots op hul vermoë om oor moelike onderwerpe te debatteer.

(Debat) Eerste ry: Anri Botha, Leané Myburgh, Lyndene Young. Tweede ry: Simoné Jacobs, Milla van der Merwe, Alexia Meiring. Derde ry: Therese Otto, Francois Smit, Zanri Black, Ilze Hattingh. Afwesig: Carmen Strydom

Venessa Bouwer en Udo Ferreira








