Hoërskool Bredasdorp spog met Alumni
ADVERTISEMENT
Vier oudleerders van Hoërskool Bredasdorp wat hul kursusse Cum Laude geslaag het terwyl hulle met Helpmekaar studielenings studeer het, is verlede naweek deur die Helpmekaar Studieleningsfonds vereer. Ons is veral breëbors omdat ons die skool is met die meeste prestasies! Mag hulle nog tot groot hoogtes in hul onderskeie loopbane
vorder. Baie geluk oud-BD’s!

Vlnr: Annake Gouws (chef-kursus), Kyla Diedericks (née
Neethling)(NGOS),Tiaan van Niekerk (top 4 Prestige-toekenning vir sy M-graad
in Chemie) en Simón Jordaan (medies). Simón kon ongelukkig nie die
prysuitdeling bywoon nie, aangesien sy tans besig is met haar praktiese opleiding
in Durban.









