Langenhoven Gimnasium ATKV Debatspanne kan hul praat nie hou nie
ADVERTISEMENT
Die eerste rondte van die ATKV Debat het Saterdag 11 April 2026 te Hoërskool Outeniqua, George plaasgevind.
Langenhoven Gimnasium het hierdie jaar vyf spanne kon inskryf:
Juniors – Span 1
Sarah Saayman, Damon Viviers en Charlu Erasmus
Seniors – Span 1
Juhan Olivier en Leila Miles
Span 2
Henru Erasmus en Dahné Potgieter
Span 3
Zandré Jansen van Rensburg en Ingrid Hickman
Span 4
Daniël Theunissen en Lika Schoeman
Hierdie leerders het hulle goed van hul taak gekwyt – jy wil beslis nie met hulle argumenteer nie! Welgedaan aan die Gimmie-debatteerders. Ons deel graag die uitslae sodra dit bekendgemaak word.














