Hoërskool Nico Malan ATKV Debatspanne skitter in Oos-London
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons spanne wat op 13 April aan die eerste ronde van die ATKV debat in Oos-London deelgeneem het. Al 5 ons spanne het hulle debatte op die dag gewen, wat reeds ’n massiewe prestasie is. Uit die 41 spanne wat op die dag deelgeneem het, dring slegs 7 spanne deur na die semifinaal, wat in Junie in Stellenbosch plaasvind. Dit is vir ons ’n groot trots dat 3 van die 7 spanne wat uit die Oos-Kaap na die semifinaal deurdring, van Nico Malan kom.Baie geluk aan:
- Lienka Botes, Kian Koekemoer en Jani Wait (Juniorspan)
- Annemie Botes, PW du Preez en Hunter Justus (Juniorspan)
- Ané van Wyk en Ivan van Staden (Seniorspan)
Ons sien uit om te hoor wat jul by die semi-finaal gaan vermag.










