Laerskool Bellville-Noord netbalspanne vaar uitstekend op die Platteland
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se o.12A en o.13A-netbalspanne het die naweek van 9 Mei op Prins Alfred Hamlet aan Laerskool FD Conradie se sportdag deelgeneem. Hul het ons baie trots gemaak met hul prag spel.
Die uitslae was soos volg:
- o.12A wen al hul wedstryde. Hul het gespeel teen Robertson A, Roberston B en FD Conradie.
- o.13A verloor teen Robertson, speel gelykop teen FD Conradie en klop Koue Bokkeveld.

Die o.12A-span wat al hul wedstryde gewen het saam met me’e. Anushka du Plessis (links) en Nicole Taylor.

Die meisies wat so mooi gespeel het saam met me. Anushka du Plessis (links), mnr. Jacques Viviers (skoolhoof, middel) en me. Nicole Taylor.












