Hoërskool Framesby Flinkdinkers presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby Flinkdinkers het Saterdag 2 Mei aan The Herald en Isuzu se vasvrakompetisie deelgeneem. Die span het hul goed van hul taak gekwyt en deurgedring na die tweede rondte van die kompetisie. Ongelukkig is hulle tydens ‘n snelvraag uitgeskakel, maar hul deelname en deursettingsvermoë is iets om op trots te wees. Baie geluk aan die span van Ariana van de Venter, Lienkie Grobler, Irénéé Struass en Zander Engelbrecth met hul puik prestasie en die wyse waarop hulle ons skool verteenwoordig het.












