Hoërskool Diamantveld o.15A krieketspan presteer in die Paarl
ADVERTISEMENT
O.15A-krieketspan klop topskool tydens HJS Paarl Krieketfees. Baie geluk aan Hoërskool Diamantvld o.15A-krieketspan wat Boland Landbou se o.15A-span met 44 lopies verslaan het in ’n 50-beurt-wedstryd tydens die HJS Paarl Krieketfees. Ons het eerste gekolf en 159 lopies aangeteken voordat die span uitgeboul is. Jan-Louis De Vries het uitmuntend gekolf en 59 lopies van 76 balle aangeteken onder moeilike omstandighede. Met die bal het ons span uitstekend gevaar en Boland Landbou tot 115 lopies beperk na 40 boulbeurte. Carlo Viljoen het die voortou geneem met 4 paaltjies vir slegs 18 lopies. Hy is goed ondersteun deur Jean-Logan Diedericks en Ewin Maree, wat elk 2 paaltjies geneem het.












