Drie Hoërskool Ermelo debatspanne deur na ATKV-semifinaal
ADVERTISEMENT
Drie Hoërskool Ermelo debatspanne deur na ATKV-semifinaal. Sewe Errie-debatspanne het op Vrydag 5 Mei aan die ATKV Debat se streeksuitdun vir Limpopo en Mpumalanga deelgeneem. Die Erries het hul uitstekend van hul taak gekwyt en as volg presteer:
Juniors
- EHS wen Lydenburg
- EHS wen Hans Strijdom
Seniors
- EHS wen Pietersburg
- EHS wen Ellisras
- EHS wen Lydenburg
- EHS verloor teen Pietersburg
- EHS verloor teen Hans Strijdom
Drie van die spanne (een junior- en twee seniorspanne) dring vervolgens deur na die semifinaal wat DV op 19 Mei te HTS Witbank gaan plaasvind. Dié bekkige Erries is An-Euné van Niekerk, Mia van Deventer en Karli van Schalkwyk (juniors) sowel as Isabella Burgers en Johan Strauss (seniors) en Mienke Cloete en Zané du Plessis (seniors). Hartlik geluk aan hierdie leerders en ons gee al die eer aan ons Hemelse Vader vir hierdie mooi prestasie!


Seniorspan: Mienke Cloete links en Zané du Plessis regs

Seniorspan: Isabella Burgers links en Johan Strauss regs









