Hoërskool Diamantveld hokkiespelers maak hul merk by die SOSC 2026
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld het hul merk gemaak by SOSC 2026 met uitstaande prestasies reg oor die bord! Die o.19 seuns en o.16 dogters was onoorwonne, terwyl die o.14 dogters met slegs één nederlaag as van die beste spanne uit die toernooi getree het. Die o.19 dogters en o.16 seuns het ook met groot vasberadenheid en trots deelgeneem en hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
Baie geluk aan elke seun en dogter wat hul beste gegee het en die Diamantveld-naam met trots gedra het. A Posse Ad Esse – van moontlikheid tot werklikheid.













