Hoërskool Outeniqua se Junior en Senior debat leerders het aan die ATKV debat Semi-finale rondte deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua se Junior en Senior debat leerders het Saterdag 7 Junie by Hoërskool Stellenbosch aan die ATKV debat Semi-finale rondte deelgeneem. Die seniorspan, Helena Burger (g. 12) en Cari van Rooyen (gr. 11) dring deur na die nasionale kompetisie wat 8 Augustus by Goudini aangebied word. Baie geluk aan hierdie leerders en baie sterkte met jul voorbereiding!











