Hoërskool Swartland-debatteerders is aan die brand
ADVERTISEMENT
Twee Hoërskool Swartland-debatteerders pak vir Bloemhof en Paul Roos tydens die ATKV se semi-finaal te Stellenbosch.
Baie sterkte Wilné en Mila, ons weet julle gaan puik vaar. Baie dankie aan ons borg, Masedo Investments. Ons debatteerders lyk spoggerig in hulle debathemde en bypassende rugsakke.











