Laerskool George-Suid swemmer skitter met haar fantastiese swemme by die SA Junior Age Group Championships
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool George-Suid swemmer Johané Burger met haar fantastiese swemme by die SA Junior Age Group Championships in Kaapstad! Sy het met 3 van haar items haar persoonlike beste tye verbeter en met die 200m rugslag gekwalifiseer vir die finaal en 9de gekom – wat beteken sy is die 9de vinnigste 200meter rugslag swemmer in haar ouderdom by SA’s! Johané ons weet hierdie kom nie vanself nie, maar dat dit ure-en-ure se werk is wat jy per week insit en daarom is ons saam met jou bly oor jou uitslae!
![]()










