Laer Volkskool swemmer blink uit aan die Kaapse streek gala
ADVERTISEMENT
Naudé van der Merwe het onlangs aan die Kaapse streek gala deelgeneem vir Vlak 3 swemmers. Hierdie gala het in die Kaap plaasgevind terwyl swemmers van ander streke in Richardsbaai en Pretoria deelgeneem het. Hy het baie van sy persoonlike beste tye verbeter en dit is waarna elke swemmer streef. Sy beste prestasie was 24ste in die 200m rugslag. Baie geluk , Naudé, jy maak Laer Volkskool trots.










