Die Hoërskool Menlopark leerders wen Ingenieurskompetisie
ADVERTISEMENT
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (SAICE) het leerders se vernuf en wetenskaplike kreatiwiteit vanjaar met ʼn aqualibriumkompetisie op die proef gestel. Die doel van die kompetisie is om deelnemers van waterbewaring en -voorsiening te leer en ʼn praktiese ervaring te bied van wat siviele ingenieurswese voorstel. Spanne moes ʼn waterverspreidingsnetwerk ontwerp om ʼn sekere hoeveelheid water eweredig tussen drie punte te versprei. Die eerste bakkie water word geweeg en as ʼn verwysingspunt gebruik. Die ander twee bakkies word ook geweeg en die afwyking is die punte waarmee die groep gepenaliseer word. Met ʼn minimale afwyking van slegs 62 gram (of punte), is Die Hoërskool Menlopark -trio, Willbert van Sittert, Shane Grant en Bernard Conradie as die wenners aangewys.
![]()










