Hoërskool Diamantveld SAICE brugbou kompetisie deelnemers maak trots
ADVERTISEMENT
Vanjaar het Hoërskool Diamantveld drie spanne vir die kompetisie ingeskryf, maar die griepvirus het gemaai onder die leerders en kon ons uiteindelik met twee nuut saamgestelde spanne gaan deelneem. Dit het egter nie die leerders se gees geknak nie en hulle het met groot ywer deelgeneem en hopelik baie geleer van kragte in strukture. Die voltooide brug word beoordeel volgens die estetiese, korrektheid van die ontwerp en die afmetings, voordat die brug getoets word. Ons spanne het bestaan uit:
- Span 1: Jason van der Linde ; Nico Oosthuizen en Wihan van Vuuren
- Span 2: André de Boer ; Juan Vermeulen en Xander Bothma
Nie een van die spanne kon egter ‘n plek onder die eerste drie behaal nie.
![]()










