Hoërskool Jim Fouché leerders KAN brugbou
ADVERTISEMENT
Leerders van Hoërskool Jim Fouché het Saterdag (23 April 2022) hul staal getoon toe hul eerste en derde plek verwerf het in die brugboukompetisie wat aangebied is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingeneurswese (SAICE). Die JF-leerders met behulp van mnr Kobus de Wet het Saterdag by Loch Logan teen ander skoolspanne gekompeteer en weggeloop met ‘n puik prestasie.
Die JF-leerders wat deelgeneem het, sluit in: Lourens van Niekerk, Mieke Swarts en Yvé Kriel wat JF A-span gevorm het en dan Edrich Crowther, Alex Bezuidenhout en Francois Cloete wat deelgevorm van die JF B-span. Span A se brug kon ‘n uitmuntende gewig van 92,95 kg dra en span B se brug hou ‘n sterk 36,6 kg. Span A dring ook dus deur na die Nasionale brugbou kompetisie wat later die jaar sal plaasvind.














