Hoërskool Ermelo 2021-matrieks blink uit met hermerk-uitslae
ADVERTISEMENT
Gedurende April 2022 is die hermerk-uitslae vir 2021 se eindeksamen bekendgemaak Die Erries is besonder trots op die simbole wat EHS bygekry het, asook die individue wat uitsonderlik presteer het. Hoërskool Ermelo kry, na die hermerk, vyf A-simbole by wat die Erries ‘n totaal gee van 94 A-simbole. Die totaal vir die B-simbole is nou 115 en die C-simbole 135.
Margha Greyling behaal ‘n A-simbool vir Wiskunde. Sy spog nou met ses A-simbole en een B-simbool. Jolindi Annandale spog na dié hermerk met vier onderskeidings: 82% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 87% vir Lewensoriëntering, ‘n pragtige 93% vir Visuele Kuns en 82% vir Lewenswetenskappe. Baie geluk aan elke leerder wie se uitslae verbeter het. EHS is dankbaar dat ons leerders geseënd is om te presteer tydens die hermerkgeleentheid.

Margha

Jolindi









