Hoër Meisieskool Oranje 1ste netbalspan laat elke doel tel
ADVERTISEMENT
Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan het Maandag (02/05) die Hoërskool Sentraal se sporttoernooi onoorwonne afgesluit deur Helpmekaar Kollege in die eindstryd met 17-12 te troef. Oranje het die Hoërskool Pietersburg met 26-11 in die halfeindstryd verslaan.
In die groepfase is oorwinnings behaal oor die Hoërskole Oos-Moot (26-12), Noordheuwel (24-16), Voortrekker (27-8), Jim Fouché (28-10), Upington (20-7) en Kalahari (35-8). Die Oranjeniete was verlede maand ook onoorwonne op die Paarl Gimnasium-toernooi en sy wengemiddeld vanjaar is nou 91% (31 uit 34).Twee van die drie nederlae was in Pretoria teen Helpmekaar en die Hoërskool Menlopark wie Oranje albei nou sedertdien in Bloemfontein geklop het.

FOTO: Die span is van links, voor: Karla Victor, Zanelle Jansen van Rensburg, Jazelle Strydom, Roline Louw en Corné Marais (afrigter); agter: Karla Pretorius (afrigtingskonsultant), Jana Rheeder, Lea Cronjé, Reese Thompson, Mienke Delport, Marguerite Cronjé en Amy Fröhlich.








