HS Merensky Netbalspanne sorg vir klinkende oorwinnings
ADVERTISEMENT
Die doele het behoorlik gereën tydens ‘n vriendskaplike netbalbyeenkoms by Hoërskool Brits op 5 Maart. Al nege netbalspanne het gesorg vir klinkende oorwinnings, met die 1e-span wat ‘n allemintige 40-9 oorwinning behaal het. Die o.14A’s se eindtelling was 9-3, terwyl die o.14B’s met 8-4 van die baan stap. Die o.15-spanne het die krane oopgedraai met tellings van 27-4 vir die A-span en 15-7 vir die B-span.
Die o.16’s het nie op hulle laat wag nie en klop die A-span hul opponente met 26-8 en die B-span doen hul dit na met 35-2. Die o.17’s klop hul teestanders met 26-6, terwyl die 2e-span baljaar met 37-2 op die telbord. So ‘n positiewe wegspring aan die begin van die wintersportseisoen beloof mooi dinge vir Plasie-netbal in 2022.

Zané Hedin

Janke Joubert

Leané Heydenrych

Juané Pretorius over die bal vir Janke Joubert, met Anke Fourie wat ondersteun.
Foto krediet aan: Marié Huysamen)









