Uitstekende swem uitslae vir Laerskool Malelane
ADVERTISEMENT
Laerskool Malelane het op 28 Oktober aan die Top Schools Swem Gala deelgeneem. Ons swemmers het goed presteer.
- Die junior dogters eindig 6de en die seuns eindig 3de algeheel.
- Die senior dogters eindig 1ste en die seuns 10de algeheel.
- Laerskool Malelane eindig 4de algeheel uit 18 skole reg oor Mpumalanga!
Baie dankie aan elke swemmer wat deelgeneem het.












