Hoërskool Ben Viljoen se swemmers het deelgeneem aan die Northern Sprint-swemgala
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het sewe van Hoërskool Ben Viljoen se swemmers deelgeneem aan die Northern Sprint-swemgala wat by Hoërskool Merensky in Tzaneen plaasgevind het. Ons swemmers vaar uitstekend en hulle harde werk werp definitief vrugte af.
Simoné Theron verwerf eerste plekke in die 50m vlinderslag, 50m rugslag, 50m borsslag en 100m vryslag sowel as ‘n tweede plek in die 50m vryslag. Mari-Zanne Nortje verwerf ‘n eerste plek in die 50m vryslag sowel as tweede plekke in die 50m vlinderslag, 50m rugslag, 50m borsslag en 100m vryslag. Nicole Senekal verwerf ‘n tweede plek in die 50m vryslag en derde plekke in die 50m vlinderslag, 200m Individuele Wisselslag, 50m borsslag, 50m vryslag en 100m vryslag. Jac-Johan Gouws verwerf ‘n tweede plek in die 100m vryslag, en derde plekke in die 50m rugslag en 50m vryslag. Tia-Mari Theron verwerf tweede plekke in die 50m rugslag, 50m borsslag, 50m vryslag en 100m vryslag. Mighael Alberts verwerf eerste plekke in die 50m borsslag, 50m vlinderslag, 50m vryslag en 100m vryslag terwyl Gustav Klingbiel eeste plekke verwerf in die 50m vlinderslag, 50m rugslag, 50m borsslag, 50m vryslag en 100m vryslag.

Jac-Johan Gouws

Mari-Zanne Nortje

Mighael Alberts

Simone Theron

Tia-Mari Theron









