Merensky Landbou Akademie swemmers skitter by streek Vlak 3 Gala
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie swemmers skitter by streek Vlak 3 Gala. Tien toegewyde Plasie-swemmers het van 20 tot 23 Maart aan die Streek Vlak 3 “Age Group” Gala by die TUKS Sportsentrum in Pretoria deelgeneem en met indrukwekkende uitslae teruggekeer. Individuele uitslae sluit in:
- Luke Breetzke het ‘n 2de plek behaal in die 200m rugslag en 2 x 5de plekke in die 100m en 50m rugslag. Hy het ook top 35 plekke in agt ander items behaal.
- Marny du Plessis het twee 3de plekke verower in die 100m- en 50m vlinderslag, en ‘n 4de plek in 200m wisselslag. Milan Ferreira het uitgeblink met 2 x 1ste plekke in 200m wisselslag en 50m rugslag, asook ‘n 2de plek en twee 3de plekke.
- Carmé Louw het silwer gewen met 2 x 2de plekke in die 100m- en 200m borsslag.
- Mason Marais het ‘n 3de plek in die 50m vryslag ingepalm, en verskeie top 15 plekke behaal.
- MJ Perold het ‘n 10de plek in die 100m borsslag aangeteken.
- MJ Pohl het die 6de plek verower in die 50m vryslag, en goeie resultate in vier ander items.
- Mignon Smit het 2 x 5de plekke in die 200m- en 100m rugslag, en ‘n 6de plek in die 50m rugslag.
- Liandri Terblanche het aan verskeie items deelgeneem met soliede top 25 plasings.
- Miane van Veelen het ‘n 3de plek in die 200m borsslag behaal en haar plek in die top 10 in twee ander items verseker.
Die span sien nou uit na die Vlak 2 gala wat plaasvind van 28 tot 30 Maart.
Carmé Louw
Liandri Terblanche
Luke Breetzke
Marny du Plessis
Mason Marais
Miane van Veelen
Mignon Smit
Milan Ferreira
MJ Perold
MJ Pohl










