Laerskool Louis Leipoldt swemmer skitter in die water
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Elizabeth du Preez van Laerskool Louis Leipoldt wat deelgeneem het aan die SSA Vlak 2 Swemkampioenskappe. Sy en haar span het goue medaljes verwerf in die 12&U Mixed Medley aflosse. Sy behaal die volgende:
- brons medalje in haar 50m vlinderslag
- vierde plek in die 100m vryslag
Sy het na die finale deurgedring in vier van haar items en ook PB’s geswem in al vier die items.










