Hoërskool Bredasdorp sportsentrum droom groei
ADVERTISEMENT
Die bouwerk aan die nuwe sportsentrum en busstoor het amptelik begin, en groot opgewondenheid heers oor hierdie betekenisvolle uitbreiding van Hoërskool Bredasdorp se fasiliteite. Die projek vorm deel van die skool se voortdurende strewe om moderne en funksionele ruimtes vir leerders, personeel en sportaktiwiteite te skep. Indien alles volgens plan verloop, is die mikpunt om die sentrum teen 10 Julie te voltooi.










