Hoërskool Die Wilgers bedank personeellid vir 39 jaar se toewyding
ADVERTISEMENT
Met groot waardering en dankbaarheid groet Hoërskool Die Wilgers vandag vir Brown Mmola wat ná bykans 39 jaar se toegewyde diens aan die skool aftree. Deur die jare het hy ’n onmisbare deel van ons skoolgemeenskap geword en ’n blywende indruk op leerders, personeel en besoekers gemaak. Baie sal hom onthou vir die pragtige tuine wat hy met sorg en trots onderhou het, asook vir sy vriendelike glimlag en warm verwelkoming by die skoolhek elke dag.
Brown se harde werk, lojaliteit en liefde vir die skool het daartoe bygedra om ’n omgewing te skep waarin almal welkom en tuis gevoel het. Sy nalatenskap sal nog lank voortleef in die mooi herinneringe en die verskil wat hy in soveel mense se lewens gemaak het. Ons bedank hom opreg vir sy jare lange diens en wens hom alles van die beste toe vir hierdie nuwe hoofstuk. Mag sy welverdiende rustyd gevul wees met vreugde.










