AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Reddam House Bedfordview student takes debating talent to Harvard stage

  • The one habit that separates SA’s top-performing learners from the rest

  • Vrystaat-stoeiers blink uit by SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe

  • New Horizon College Annual Fun Day a huge success

  • Hoërskool Bredasdorp sportsentrum droom groei


Regional News
Home›Regional News›Vrystaat-stoeiers blink uit by SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe

Vrystaat-stoeiers blink uit by SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe

By Andreneza Damonse
3rd June 2026
5
0

ADVERTISEMENT


Share:

Die SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe het die naweek van 30 Mei 2026 plaasgevind, waar die Vrystaat-span uitstekende prestasies gelewer het teen van die land se beste stoeiers.

Die Vrystaat het met ’n span van 31 stoeiers en 5 afrigters aan die kampioenskappe deelgeneem. Altesaam 591 inskrywings van regoor Suid-Afrika is vir die kompetisie ontvang, wat die hoë standaard van die kampioenskap beklemtoon het.

Die verskillende stoeiklubs het kompetisie opsy geskuif en as een provinsie saamgestaan. Rivaliteit is verruil vir kameraadskap en spangees, wat gelei het tot ’n ware Vrystaat-span waarop almal trots kan wees.

Die Vrystaat-span het die kampioenskappe afgesluit met ’n indrukwekkende medalje-oes van:

  • 9 goue medaljes
  • 8 silwer medaljes
  • 11 brons medaljes
  • 3 vierde plekke

Die kompetisie was uiters uitdagend, met lang ure op die mat en strawwe wedstryde deur die dag. Ten spyte van sterk teenstand het die Vrystaatse stoeiers deurentyd deursettingsvermoë, karakter en uitstekende sportmangees getoon.

Die sukses van die span is nie net ’n bewys van die harde werk van die stoeiers nie, maar ook van die toewyding van die afrigters, ouers en die verskillende stoeiklubs wat deur die seisoen saamgewerk het om hierdie jong atlete voor te berei. Die eenheid tussen die Vrystaatse stoeiklubs het ’n belangrike rol gespeel in die span se sukses en het gewys dat die provinsie se stoeigemeenskap sterk saamstaan.

Die afrigters en bestuur is besonder trots op elke stoeier wat die Vrystaat-kleure gedra het.
“Ons is ongelooflik trots op elke stoeier wat deelgeneem het. Dit was ’n lang en uitmergelende dag met baie harde stoeie, maar elkeen het sy of haar beste gegee. Die verskillende stoeiklubs het as een span saamgestaan en mekaar ondersteun. Hierdie prestasie behoort aan elke stoeier, afrigter, ouer en klub wat deel was van die reis.”

Baie geluk aan al die stoeiers, afrigters, ouers en klubbestuurders wat bygedra het tot hierdie besonderse prestasie. Julle toewyding en samewerking bou nie net kampioene nie, maar versterk ook die toekoms van stoei in die Vrystaat. Vrystaat bo!

TagsStoei
Previous Article

New Horizon College Annual Fun Day a ...

Next Article

The one habit that separates SA’s top-performing ...

Share:

Related articles More from author

  • Free StateNorthern and Eastern Free StatePrimêre Skool NaudevilleRegional News

    Stoei prestasie vir Primêre Skool Naudeville

    1st June 2026
    By Karien Frans
  • Breede ValleyLaerskool MontaguRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Montagu kranige stoeier presteer

    7th April 2025
    By Charl Paulse
  • Breede ValleyLaerskool GerickeRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Gericke leerders verteenwoordig trots die Kaapse Wynland stoeispan

    29th August 2024
    By Karien Frans
  • BloemfonteinFree StateGrey College Primary School BloemfonteinRegional News

    Stoei prestasie vir Grey Kollege Primêr

    9th September 2025
    By Karien Frans
  • BloemfonteinFree StatePresident Brand PrimêrRegional News

    President Brand Primêr leerder skitter aan SA Stoeikampioenskappe

    28th November 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool DouglasNorthern CapeRegional News

    Hoërskool Douglas stoeiers presteer

    17th March 2025
    By Charl Paulse

  • DF AkademieNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    MTBS 2023 – Hoërskool DF Malan se atletiekspanne (seuns)

  • HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape

    Paul Roos Gymnasium U14A won the Water Polo Tournament

  • Hoërskool VredendalRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    Hoërskool Vredendal kwartaal twee hoogtepunte

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us