Baie geluk aan Hoërskool Langenhoven Wes-Kaap verteenwoordigers
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven is trots om ons Wes-Kaap-verteenwoordigers bekend te maak! Baie geluk aan Lize Retief (Willows O,15) en Erin Hardnick (Oaks O.16) wat gekies is om die Wes-Kaap-spanne te verteenwoordig.
Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan hul sport. Julle dra die Dasse-naam met trots en ons wens julle baie sterkte en sukses toe met die pad vorentoe. Die Dasse-familie is baie trots op julle!










