Hoërskool Brits netbalspelers is gereed vir die Bojanala distrik se liga wedstryde
ADVERTISEMENT
Hoërskool Brits spog hierdie jaar met 4 netbalspanne wat deurdring na die Best Schools-rondte. By hierdie rondte speel verskeie spanne teen skole soos Rustenburg, Grenville, Bergsig en nog meer. Dit was n dag vol opwinding! Ons spelers het hulle staal gewys met goeie deursettingsvermoë en spangees.
Die uitslae was fantasties! Die o.14-span behaal ń algehele 3de plek. Die o.15-span behaal ń algehele 2de plek. Die eerstespan en o.17-span het baie goed gevorder en behaal ń algehele 4de plek. Die o.14- en o.15-span neem op 25 Mei aan die Provinsiale rondte deel in Potchefstroom waar skole van regoor Noordwes die stryd gaan aansê.
Ons is ongelooflik trots op hierdie spelers! Welgedaan, meisies!

o.14 Van links agter: Ané Krüger, Alicia Simelane, Tshenolo Mudau, Daneira Juluis, Jo- Anne Botha. Voor van links na regs Monique Heck, Mieke Engelbrecht en Rati Biloane.

o.15 Agter: Megan Seath, Tilinha Mabuza, Talitha jv Vuuren, Elizabeth Botha, Amorey Stadler. Voor: Tyisha Puley, Quenne Botha, Omphile Mokotedi en Leanette Fourie.

o.17 Agter: Caitlin Swanepoel, Chane Louwrens, Wandri Vledder, Sihle Mhlongo. Voor: Phimphi Moolotsane, Oreratile Tlhoaele, Doret van Niekerk, Shenique Geldenhuys en Marietjie Vledder.

o.19A Van links na regs: Tumisang Moilwe, Jeanri van der Walt (O/K), Katelynn Stokes (K), Estelle Neethling, Juné Bosman, Iwanke Strauss, Rethabile Tambe, Danéo Makuwa en Méa Myburgh.









