Curro Langebaan netbalspeler se reis na die onder 11 Weskusspan
ADVERTISEMENT
McKayla leerder van Curro Langebaan was van die ouderdom 4jr deel van die Curro Langies familie waar sy by die Castle begin het, en oor gekom het na die Laerskool.
Die eerste netbalproewe was die Saldanha Sone proewe wat op 23 Maart was. Daarna het sy weer aan Sone proewe deelgeneem op die 14 de April in Vredenburg. Die volgende proewe was Weskus Suid proewe op die 21 April in Morreesburg. Daar het sy verder deurgedring na Weskus proewe op 27 April in Hopefield waar hulle slegs 10 dogters gekies het vir die 0.11 Weskus span.
Hierdie 0.11 Weskus span gaan die komende vakansie vanaf 14-18 Julie deelneem aan die Interdistriktoernooi in Bredasdorp.












