Laerskool Durbanville neem deel aan die Oppietong Af-redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
10 van Laerskool Durbanville Durbie-sprekers het aan die semi-finaal van die Oppietong-redenaarskompetisie deelgeneem. Daarna is 5 sprekers genooi om aan die Nasionale Finaal deel te neem.
Dit vind 8 – 10 Oktober in Centrurion plaas. DIt is: Zara Cloete, Amy Rose Watson, George Viljoen, Anna Bella Bezuidenhout en Josua Potgieter.
Ons wens Zara Cloete, Amy Rose Watson, George Viljoen, Anna Bella Bezuidenhout en Josua Potgieter van harte geluk met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, deeglike voorbereiding en selfvertroue op die verhoog het beslis vrugte afgewerp. Die hele Durbanville-gemeenskap is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte toe vir die nasionale eindronde. Mag julle hierdie geleentheid geniet en steeds nuwe hoogtes bereik!










