Hoërskool Langenhoven sport prestasie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven is trots op Chelsea Saayman se uitstekende prestasie tydens die tweede ASWD-landloopliga wat in Mosselbaai plaasgevind het.
Chelsea het aan die 6 km-wedloop in die junior vroue-afdeling deelgeneem en ’n indrukwekkende 2de plek behaal. Hierdie prestasie getuig van haar harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan die sport.










