Hoërskool Swellendam meet kragte teen Hoërskool Langenhoven
ADVERTISEMENT
Hoérskool Swellendam se rugbyspanne het onlangs teen Hoérskool Langenhoven kragte gemeet. Van die eerste fluitjie af was die energie op die veld tasbaar, en elke span het alles gegee vir hul skool en spanmaats.
Die 0.15-span het met groot vasberadenheid gespeel en mekaar deurentyd ondersteun. Hulle het 17-17 gelykop geéindig. Die 0.16-span het die wedstryd met selfvertroue aangepak en uitstekende spanwerk getoon om met 24-19 te wen.
Die eerste span het die dag op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n indrukwekkende oorwinning van 38-12. Hulle het kalm onder druk gebly en gewys dat rugby nie net oor talent gaan nie, maar ook oor trots, dissipline en
deursettingsvermoé. Ons is baie trots op elke speler wat die skool met trots verteenwoordig het.










