HS Brackenfell het deelgeneem aan die Wes-Kaap finale redenaars
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Brackenfell redenaars het hierdie naweek aan die Wes-Kaap finale van Allegretto in Stilbaai deelgeneem .
Al twee leerders het voldoen aan die IPE Gala Level.
Janu Fourie (10AB) het ʼn Goud gekry.
Sebastiaan Huysamer (10AA) het 1 x Goud en 1 x Prestige toekenning ontvang.
Sebastiaan is as die Wes-Kaap-wenner aangewys en dring deur na die Nasionale ronde.Baie baie geluk aan hierdie twee leerders. Baie dankie dat julle ons naam hoog hou so ver jul gaan. Ons hou duim vas vir Sebastiaan vir die Nasionale ronde wat later die jaar gaan plaasvind.











