Hoërskool Volksrust Interhoër redenaars uitslae
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse Interhoërredenaars het plaasgevind op Donderdag, 25 Augustus 2022 te Bethal. Ons skool se interhuiswenners het deelgeneem teen die wenners van ses ander skole, nl. Hoërskool Standerton, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Secunda en Hoërskool Kanonkop. Uit jare se ondervinding weet ons al dat daar altyd geweldige sterk kompetisie is.
Ten spyte daarvan en die feit dat die broeke maar gebewe het, het ons deelnemers die beste gevaar wat ons skool nog ooit gevaar het. Ons juniorspan (Anoushke Houy en Carla Viviers) het ‘n vierde plek behaal. Ons seniorspan (Tewie Uys en Meliné Delport) wen elkeen ‘n bronsmedalje. As skool behaal ons ook ‘n algehele derde plek. Ons is voorwaar trots op hierdie vier Volkies! Baie geluk aan elkeen van hulle. ~me. Rina Erasmus~
![]()










