Hoërskool Volksrust redenaars trap diep spore in harte
ADVERTISEMENT
Terwyl almal lekker langnaweek hou het die gladde bekkies van Volkies ure se vermaak verskaf met hul briljante redenaars vernuf. Volkies se redenaars het op Donderdag 14 April aan die eerste rondte ATKV Redenaars uitdunne by Hoërskool Ermelo deelgeneem. Hierdie leerders het hul goed van hul taak gekwyt en het hul afrigters se harte van trots laat bars! Hierdie is voorwaar leerders om dop te hou in die toekoms! Hulle straal voorwaar ons hoof se leuse uit: “Don’t talk the walk, walk the talk!”










