Netbal op sy beste by Hoërskool Rustenburg
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Rustenburg -netbalspelers maak SKOONSKIP tydens die NWU-superreeksfinaal te Potch op Saterdag, 6 Mei 2023. Die Rusties het 9 wenne in die sak, 5 spanne met ‘n algehele goud, 1 span met ‘n algehele silwer en 2 spanne met ‘n algehele brons.

1ste netbaldogters
Liga Netbal vs Bergsig: Die telbord spreek boekdele! Die Rustie-netbalspelers het Donderdag, 4 Mei 2023 tydens hul ligawedstryde te Bergsig koning gekraai! Die uitslae is as volg:
- RHS 1ste-span 46 – 22 vs. Bergsig
- RHS 2de-span 19 – 15 vs. Bergsig
- RHS o. 17 A 27 – 11 vs. Bergsig
- RHS o. 16 A 17- 13 vs. Bergsig
- RHS o. 16 B 11 – 9 vs. Bergsig
- RHS o. 15 A 24 – 11 vs. Bergsig
- RHS o. 15 B 26 – 0 vs. Bergsig
- RHS o. 15 C 18 – 5 vs. Bergsig
- RHS o. 14 A 26 – 4 vs. Bergsig
- RHS o. 14 B 23 – 6 vs. Bergsig
- RHS o. 14 C 17 – 3 vs. Bergsig

RHS vs Bergsig, Carike Arnold tydens die 1ste-span wedstryd teen Bergsig. Eindtelling 46 – 22

RHS vs Bergsig, Jone Joubert tydens die 1ste-span wedstryd teen Bergsig. Eindtelling 46 – 22









